Liallette
Lialette

Lialette Swartz is nou 65jaar. Sy het op die plaas Knapdaar in Mpumalanga tussen Bethal, Hendrina en Ermelo groot geword. Sy het baie met diere te doen gehad en so die natuur, landskap, diere en mense liefgekry. Daarom kan ‘n mens sien dat die realistiese haar werklikheid geword het in haar werk. Haar hele lewe was sy met kreatiewe dinge besig. Sy het loodglaswerk, pottebakkery en vryhand-masjienborduurwerk-skilderye gedoen, en ook soldeer- en sweiswerk. 10 jaar gelede het sy begin skilder. Eers met waterverf en akriel en later met olie. Sy wil nog baie doen en leer.


kontak

Selfoon: 082 891 4138
Email: johann@swartzfamily.co.za